Tuesday 7 June 2016

Kerrie eiers




Kerrie eiers:
35g (40ml) botter of margarien
1 ui, gerasper
15ml Kerrie poeier
250ml Melk
250ml Water
25ml mielieblom (Maizina)
15ml Appelkooskonfyt
125ml Tamatiesous
50ml Asyn
1 appel geskil en gerasper
Sout na smaak
6 Eiers hard gekook (hoewel die sous vir meer as 6 eiers kan werk)
Sorteer ui in botter.Voeg kerriepoeier by en braai dit effens.Voeg melk en water by en bring tot kookpunt.Maak mielieblom aan met bietjie water en roer dit by d kookende mengsel.Roer aanhoudend tot verdik.Roer d appelkooskonfyt,tamatiesous,asyn,appel en sout by. Laat 20 min lank prut. Roer dit af en toe. Dop eiers af en halveer dit. Pak in groot bak. Gooi die sous oor die eiers. Bedien op toast of rys.