Tuesday 14 June 2016

Kevin Leo se lam- ­en beespotjie



Kevin Leo se lam- ­en beespotjie
Kevin Leo het tydens ’n episode van Kampkos vir ons gewys hoe om heerlike lam- en beespotjie voor te berei. Kry sy resep hier.
 
Instruksies
  1. Rasper die pietersielie, knoffel en suurlemoensap asook die skil van een suurlemoen baie fyn.
  2. Braai die vleis vinnig in knoffelolie vir ’n rukkie tot bruin en voeg dan die knoffelspesery oor die vleis sodra jy dit van die hitte verwyder.
  3. Braai uie in die pot. Voeg ’n bietjie rooipeper en paprika by die uie.
  4. Voeg die hoenderaftreksel by die uie in die pot en roer om te vermy dat dit aanbrand.
  5. Gooi nog ’n bietjie knoffel in die pot en voeg die vleis terug in die pot. Voeg die wyn by. Indien nodig kan jy ’n bietjie water byvoeg.
  6. Laat dit prut vir sowat ’n uur of twee.