Anria van Heerden se Ertjieslaai
Tydens ’n episode van Kampkos het Anria van Heerden vir ons gewys hoe om haar spesiale ertjieslaai voor te berei. Kry haar resep hier.
Bestanddele
- blaarslaai
- seldery
- groenrissie
- 1 ui
- baba-ertjies (gevries)
- mayonnaise
Instruksies
- Sny die groenrissie, ui, sedery en die slaaikop baie fyn op en plaas dit in ’n slaaibak.
- Vat die gevriesde ertjies en sprei dit bo-oor die slaai.
- Bedek nou die ertjies met die mayonnaise en laastens die kaas bo-op.