Tuesday 28 June 2016

Kerriemaalvleispastei




Kerriemaalvleispastei
 
Vulsel
■ 2 uie, fyn gekap
■ 2 knoffelhuisies, fyn gekap
■ 30 ml olie
■ 7 ml kerriepoeier
■ 3 ml gemaalde koljander
■ 500 g maalvleis
■ 5 ml sout
■ 15 ml worcestersous
■ 15 ml vrugteblatjang
■ 60 ml tamatiesous
■ 60 ml water
■ Ekstra sout en vars gemaalde swartpeper

Skondeegkors
■ 375 ml bruismeel
■ 3 ml sout
■ 100 g botter of margarien
■ 15 ml vars roosmarynblaartjies, baie fyn gekap
■ 125 ml karringmelk of suurmelk

Voorverhit die oond tot 200°C.

Braai die uie en knoffel in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier en koljander by en braai vir ’n paar sekondes tot lekker geurig.

Voeg die maalvleis en sout by en braai tot die maalvleis bruin is. Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute of tot die vulsel nie meer waterig is nie.

Skep in ’n pasteibak en berei die kors: Meng die bruismeel en sout in ’n bak en vryf die botter of margarien met jou vingerpunte daarby in, tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die fyngekapte roosmarynblaartjies by en voeg die karringmelk bietjie vir bietjie by terwyl jy dit met ’n slaplemmes by die meelmengsel in sny.

Sodra klam krummels vorm wat aan mekaar begin vassit, druk dit bymekaar in ’n plat wiel van sowat 2 cm dik. Gebruik ’n skondrukker om ronde vorms uit die deeg te druk en pak dit op die maalvleisvulsel.

Bak vir 15 minute, tot die kors uitgerys en gaar en die vulsel borrelend is. Sit voor met slaaie of groente van jou keuse. Lewer 4 groot porsies.