Monday 27 June 2016

Kerrie-Sosaties




Kerrie-Sosaties

1,5 kg lamsboud / of steak / of hoenderborsies –
met velletjie – in blokkies gesny (so 3 by 3 cm groot)...
varkspek – dun skyfies (1 mm), in dieselfde grootte
blokkies gesny

Meng bogenoemde vleis en spek met die volgende:

5 ml roosmaryn, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekerf
4 gekneusde suurlemoenblare
10 ml sout
2,5 ml fyn gemmer
5 ml grofgemaalde swartpeper
10 ml heel koljander, fyngemaal
gerasperde skil van 1 suurlemoen
125 ml melk
Sit vleismengsel in ‘n bak of skottel en laat staan
oornag.

Marinade
3 uie, in skywe gesny
125 ml bruin asyn
125 ml water
100 ml suiker
5 ml sout
45 ml appelkooskonfyt
45 ml blatjang van jou keuse
15 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie

Meng bestanddele en kook vir 5 minute
Laat afkoel en gooi sous oor vleismengsel.
Marineer vir minstens 8 ure. Roer af en toe.
Laat lê sosatiestokkies in water.
Ryg nou stukkies vleis, spek en rou ui om die beurt