Jakkie Louw se Bosveld-peri-peri-potjie
Jakkie Louw het tydens ’n episode van Kampkos gewys hoe maklik dit is om sy heerlike Bosveld-peri-peri-potjie voor te berei. Hy het sy resep met ons gedeel.
Bestanddele
- 1 pak garnale gevries
- 1 pak mossels gevries
- 200 ml kokkosneutroom
- knoffelbotter
- peri-perisous
- sout
- peper
- 2 suurlemoene
Instruksies
- Gooi eerste die mossels en garnale (dit kan steeds gevries wees) in ’n koue pot.
- Voeg nou ’n ruimskootse hoeveelheid knoffelbotter in.
- Volgende is die kokkosneutroom en dan laastens die suurlemoensap asook ’n bietjie sout en peper.
- Nou kan jy die gasplaat of kole warm maak onder die pot vir sowat 20 tot 30 minute.
- Bedien met ’n broodjie van jou keuse.