Gideon Lombard se kruisskuif-flambé
Gideon Lombard het tydens ’n uitsending van Kampkos smullekker kruisskuif-flambé voorberei. Kry sy resep hier:
Bestanddele
- kruisskuif
- olyfolie
- mosterd
- appelkooskonfyt
- 1 ui
- huisies knoffel
- brandewyn
- sout
- peper
Instruksies
- Kap die ui en ’n knoffelhuisie of twee fyn en braai dit in ’n bietjie olyfolie op ’n warm platboompan.
- Roer die mengsel aanhoudend sodat dit nie brand nie. Voeg die biefstuk by.
- Voeg ook die brandewyn by en laat die biefstuk vlamvat.
- Seël die biefstuk net aan elke kant vir ’n oomblik en dan haal jy hom af van die vuur af.
- Nou meng jy gelyke hoeveelhede mosterd en appelkooskonfyt saam en smeer die biefstuk daarmee – ’n kwassie werk lekker.
- Sit nou die biefstuk terug op die vuur en voeg die oorblywende sous saam met die uie in die pan – dit sal ’n sousie word.
- Voeg ’n bietjie sout en peper by en braai die biefstuk soos jy daarvan hou.