Thursday 9 June 2016

Huisgenoot se wortelkoek



Huisgenoot se wortelkoek
KOEK
500-625 ml (2-2½ k) witsuiker...
250 ml (1 k) olie
4 jumbo-eiers
500 g koekmeel
10 ml (2 t) koeksoda

10 ml (2 t) fyn kaneel
2 ml (½ t) sout
500 g wortels, grof gerasper
250 g pynappel, fyngemaak, of geblikte pynappel, gedreineer
250 g okkerneute of pekanneute, grof gekap (hou 50 g eenkant)
125 g (1½ k) klapper
10 ml (2 t) lemoenskil, fyn gerasper
5 ml (1 t) vanieljegeursel
VERSIERSEL
45 ml (3 e) vars suurlemoensap
100 g versiersuiker
2 houers (250 g elk) roomkaas
50 g botter, gesmelt
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer een groot 25 cm-ringkoekpan of twee 22 cmringkoekpanne goed met margarien of spuit met kossproei. Bestuif met koekmeel.
KOEK
Verroom die suiker en olie. Voeg die eiers by en klits tot romerig. Sif die droë bestanddele saam en vou in by die suikermengsel. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed met ’n houtlepel.
Giet in die voorbereide pan(ne) en bak 1-1½ uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat effens afkoel in die pan en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
VERSIERSEL
Meng die sap en versiersuiker by die roomkaas in tot glad. Smelt die botter en meng warm by. Smeer dik oor die koek en besprinkel met die orige neute.