Thursday 9 June 2016

Chai-latte-muffins



Chai-latte-muffins
Maak sowat 16 muffins

Bestanddele
Vir die muffins
  • 300 ml melk
  • 2 gewone Ceylon-teesakkies
  • 125 ml sonneblomolie
  • 2 ekstragroot eiers
  • 1 pakkie SASKO Quick Treats Bran Muffin Mix
  • 2½ t fyn gemengde speserye
  • 1 t fyn kaneel
  • 1 t fyn gemmer

Vir die glaseersel
  • 1 k versiersuiker
  • 2 e melk
  • 25 g rou pistasieneute (vir garnering)
Bring die melk in ’n klein kastrol tot kookpunt. Sodra dit prut, voeg die teesakkies by en verwyder van die hitte. Roer liggies en laat vir 15 minute trek terwyl die melk afkoel.
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en plaas 16 muffindoppies in twee muffinpanne.
  2. Sodra die melk afgekoel het, druk die teesakkies uit en gooi dit weg voordat jy die melk weer afmeet. (Jy behoort 250 ml melk oor te hê; as daar minder as 250 ml is, voeg net ’n bietjie meer melk by.)
  3. Klits die melk saam met die olie en eiers.
  4. Meng die SASKO Quick Treats Bran Muffin Mix en die gemengde speserye, kaneel en gemmer. Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en roer tot gemeng.
  5. Vul elke muffindoppie tot ¾ vol en bak vir 20 tot 25 minute. Verwyder uit die oond en laat afkoel.
  6. Plaas die rou pistasieneute in ’n vermenger en zirts totdat dit ’n poeierige tekstuur het.

Maak die glaseersel: Meng die versiersuiker en melk saam om ’n dik glaseersel te vorm.
Sodra die muffins heeltemal afgekoel het, bedruip elke muffin met ’n bietjie glaseersel en sprinkel dan gelyke hoeveelhede van die gemaalde pistasieneute oor elkeen.
LW: Bakaanwysings moet net as ’n riglyn gebruik word. Baktye en hoeveelheid kan afhang van die oond se temperature en die grootte en vorm van die muffinpan.