Tuesday 14 June 2016

Haak Vrystaat! (Sosatie Marinade)



Haak Vrystaat! (Sosatie Marinade)

Bestanddele

7 uie, gekap
6 knoffeltoontjies, gekneus
2 koppies bruin asyn
1¼ koppie suiker
2 eetl kerriemengsel
3 t borrie
1 t swartpeper
1 ml naeltjie poeier
1 ml gemmerpoeier
1 ml fyn kaneel
2 eetl appelkooskonfyt
2 koppie water
3 piesangs fyn gedruk.
2 eetl maziena
Metode
Plaas al die bestandele, behalwe die maziena, in 'n kastrol.
Bring tot kookpunt.
Prut vir 10 minute.
Maak 'n pasta met die maziena en voeg by om sous dik te maak.
Marinade is genoeg vir 3 kg bees of lam in blokkies gesny.