Wednesday 15 June 2016

Groente Sop



Groente Sop
4 wortels...
2 aartappels
4 rape
1 groot wit ui
1 klein rooi ui
5 preie, maak punte effens skoon.

250 g wit en swart sampioene
3 eeetlepels gekapte vars pietersielie
2 groenmielies
2 teelepels vars tiemie
1.5 liter hoender aftreksel gemaak met Ina Paarman Hoender afterksel poeier
1 koppie amandelmelk gemeng met 1 eetlepel mielieblom
Growwe swart peper en 'n stewige knippie neutmuskaat
½ pynappel, fyn gekap
1 koppie ertjies
Canola olie vir braai
Metode
Verpulp al die kruie en helfte van die groente BEHALWE die ertjies en die pynappel
Roer al die bestandele in 'n groot pot met 'n bietjie Canola olie.
Voeg helfte van die aftreksel by en laat stadig prut.
Dis verkieslik om die bestandele eers te verpulp en dan te kook vir beter geur en tekstuur.
Kap die res van die bestandele fyn, sny die mieliepitte van die mieliestronke af.
Los die pynappel en ertjies tot heel laaste. Voegdit by die pot en gooi die res van die aftreksel by.
Kook dit stadig, maar moet nie die gekapte groente pap kook nie.
Die mengsel kan met nog aftreksel verdun word indien verkies.
Voeg nou die pynappel en ertjies by, en heel laaste die amandel melk met mielieblom
Kook vir ongeveer een minuut om te verdik