Wednesday 15 June 2016

Anina Rossouw se Boeresuurdeeg




Anina Rossouw se Boeresuurdeeg
Wie ken boeresuurdeeg?

My skoonma, skoonsus en al die broodbakkende vrouens in die skoonfamilie het dit gebruik.

Wanneer die deeg vir die laaste keer afgeknie word, word 'n stuk deeg in 'n bal gerol en in 'n koppie geplaas. Dit word met 'n lappie bedek. Oor twee dae word daar meel, suiker en louwater bygeroer tot so slapperige deeg, bedek en dit rys uit soos brooddeeg. Dit word gebruik om mee in te suur. Die suurdeeg was later van tyd met foelie bedek en in die yskas gebêre vir 'n maand of langer, dan het dit bietjie moeite gewees om oor 'n paar dae die plantjie met meel, suiker en louwater te "kweek". My man is van mening daars geen ander brood wat daarby kom nie! Oja, twee middelslag aartappels word gekook, afgekoel en fyngemaak soos kapok aartappel en saam met die meel in die brooddeeg geknie!!!!