Wednesday 15 June 2016

Souskluitjies




Souskluitjies

Bestanddele:

Sous:
 1 koppie Suiker
 100 gram Botter
 3 koppies kookwater
 1 teelepel Vanielje Geursel

Beslag:
1 koppie Suiker
50 ml Botter
3 Eiers
3 koppies Bruismeel
100 ml water

Metode:

Sous:
1. In ‘n groot pot, plaas 1 koppie suiker en 100 gram botter en kook op medium hitte.
2. Wanneer die botter gesmelt en goud bruin is, gooi die kookwater en die vanielje geursel by.

Beslag:

1. Meng 1 koppie suiker en die 50ml botter tot romerig.
2. Voeg 3 eiers by en meng tot romerig en glad. Voeg dan 3 koppies bruismeel en 100ml water by.
3. Skep die beslag een lepel op ‘n keer in die sous (wat kook) in. Kook vir 15-30 minute, met die deksel op, tot die deeg gaar is.