Tuesday 14 June 2016

Marco se warm aartappelslaai



Marco se warm aartappelslaai
Tydens ’n episode van Kampkos het Marco Spaumer vir ons gewys hoe om heerlike warm aartappelslaai voor te berei.


Bestanddele
    
Instruksies
  1. Smelt botter oor medium-hitte in ’n platboompan en voeg die steranys ook in die pot.
  2. Sny die reeds gaar­gekookte aartappeltjies in die helfte. Sny ook die pere op in kleiner stukkies en voeg die aartappels en die pere by die pot.
  3. Maak nou die neute fyn en rasper ’n bietjie van die suurlemoenskil baie fyn. Voeg die neute en suurlemoenskil in die pot.
  4. Bedruip ook die slaai met suurlemoensap en voeg ’n bietjie sout en peper by.
  5. Verwyder nou die slaai vanaf die hitte en bedien dit in ’n slaaibak nadat die bloukaas bo­oor die slaai verkrummel is.
  6. Vir ’n bietjie kleur kan jy granaatpitte ook bo­oor die slaai strooi.