Wednesday 15 June 2016

Gevulde Aartappels




Gevulde Aartappels
Bestanddele
8 mediumgrootte aartappels
60 ml botter...
6 sprietuie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap

6 snye ham, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml pietersielie, fyngekap
100 g cheddarkaas, gerasper
Metode
Verhit jou oond tot 180 °C.
Prik die aartappels met ’n vurk en sit vir sowat 5 minute in die mikrogolfoond, op hoog gestel. Haal versigtig uit en sny ’n doppie van elkeen af.
Skep ’n lekker groot gat uit elke aartappel. Verwyder net die doppie se vel. Druk die uitgeskepte aartappel en doppies fyn.
Smelt die botter in ’n pan en braai die sprietuie, knoffel en ham vir so ’n minuut. Voeg die fyngedrukte aartappel by, meng goed en geur met sout en peper.
Voeg die pietersielie en 80 g kaas by. Vul die aartappels hiermee tot dit taamlik hoog uitstaan. Rangskik dit op ’n bakplaat, sprinkel die orige kaas oor, en bak vir sowat 15 minute.
Wenk:
Los die ham uit en siedaar: ’n vegetariese gereg.