Kanya se muffins
Kry die resep vir Kanya se biltong- en kaas-muffins, wat sy tydens ’n episode van Koekedoor voorberei het, hier.
|
Bestanddele
- 120 g meelblom
- 120 g volkoringmeel
- 125 g biltong fyngekerf
- 5 ml mosterdpoeier
- 20 ml bakpoeier
- 50 g Cheddarkaas gerasper
- 410 g mielies gedreineer (heelpit)
- 200 ml melk
- 3 eiers
- 60 ml olie
- 60 g botter gesmelt
Instruksies
- Maak seker jou muffinpannetjies is kleefvry. As jy moet, smeer met botter om dubbel seker te maak. Verhit die oond teen 200 ˚C.
- Sif meel, sout en bakpoeier saam. Roer kaas, uie en mosterdpoeier by.
- In aparte bak, klits melk en eiers saam, roer by die meelmengsel in tot net aangeklam.
- Skep in voorbereide muffinpan en bak sowat 15 minute tot gaar.