Tara se pretzels
Koekedoor se Tara se pretzels bevat geure van pomelo, kappertjies en wasabi. Kry haar resep hier:
|
Bestanddele
Pomelo-sout:
- 30 ml sout
- 2 pomeloskille gerasper
Mascarpone-en-kappertjie-smeer:
- 230 g mascarpone
- 10 ml kappertjies fyngekap
- suurlemoenskil fyngerasper
- 10 ml wasabi-pasta
Instruksies
Pretzels:
- Gooi die bier in ’n maatbekeer. Gooi gis en die helfte van die suiker by die bier. Laat staan vir sowat vyf min.
- Plaas die meel, sout en oorblywende suiker in ’n mengbak.
- Gooi die gismengsel in die mengbak van ’n staanmenger met deeghaak en voeg die meelmengsel en gesmelte botter by.
- Meng die deeg op lae spoed tot goed bestandele goed kombineer.
- Verhoog spoed tot medium en meng vir sowat vier tot vyf minute tot die deeg wegkom van die kante van die mengbak.
- Verwyder die deeg van die mengbak, smeer die bak met ‘n dun lagie olie en sit die deeg terug in die bak.
- Maak toe met kleefplastiek en laat rys tot dubbel die volume – ongeveer ‘n uur.
- Verhit die oond teen 220 °C. Berei oondpanne voor, gesmeer met botter.
- Kook die 10 koppies water in ‘n pot water en voeg die koeksoda by.
- Intussen, plaas die deeg op ‘n werkoppervlak, liggies gesmeer met olie.
- Sny die deeg in agt stukke. Rol elke stuk deeg met vingerpunte om ‘n lang tou te vorm – ongeveer 35 tot 40 cm lank.
- Maak ‘n U-vorm en neem die punte van die tou, draai dit om mekaar en druk dit aan die onderkant van die U vas in die vorm van ‘n pretzel.
- Plaas die pretzels op die gesmeerde oondpanne.
- Doop die pretzels een vir een in die water vir sowat 30 sekondes. Verwyder van die water en plaas terug op die oondpan.
- Borsel die pretzel eers met die pomelo-stroop, dan ‘n tweede laag van eier-en-bier-mengsel en sprinkel met die pomelo-skil-sout.
- Bak tot goudbruin vir sowat 12 tot 14 minute.
- Plaas op afkoelrak vir ten minste vyf minute.
Pomelo-stroop:
- Plaas al die bestanddele in ‘n klein pot. Plaas op stoof tot kookpunt bereik word. Kook tot ‘n stroop vorm.
Pomelo-sout:
- Meng die sout en pomeloskil saam en plaas eenkant tot gereed om te gebruik.
Mascarpone-en-kappertjie-smeer:
- Meng al die bestanddele saam.
- Voeg sout en peper by na smaak en bedien saam met pretzels.