Tuesday 14 June 2016

Biltong-, feta- en Peppadewspirale




Biltong-, feta- en Peppadewspirale

Bestanddele

1 rol skilferkorsdeeg
½ k (125 ml) biltong, dun gekerf
½ k (125 ml) fetakaas, gekrummel
½ k (125 ml) Peppadews, fyngekap
½ k (125 ml) mayonnaise
Handvol vars koljanderblare, fyngekap
Metode
Verhit die oond tot 200°C.
Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
Rol die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak oop.
Sprinkel die biltong, fetakaas en Peppadews eweredig oor die deeg.
Rol die deeg vanaf die breedste kant op om ‘n langwerpige rol te vorm.
Plaas vir ongeveer 20 minute in die yskas.
Sny die rol in skywe van ongeveer 1 cm dik en rangskik dit op die bakplaat.
Bak vir ± 20 minute of tot goudbruin en bros.
Meng die mayonnaise en varskoljanderblare en bedien as doopsous saam met die spirale.