Tuesday 28 June 2016

Beesfilet in ’n vadoek op die vuur




Beesfilet in ’n vadoek op die vuur
22 cm stuk beesfilet
250 ml rooiwyn
3 knoffelhuisies, skoongemaak en gekneus
750 g growwe sout...
1 eetlepel koljandersaad, fyn gestamp in ’n stamper en vysel
1 teelepel komynsaad, fyn gestamp in ’n stamper en vysel
’n paar blaartjies vars roosmaryn
een baie skoon kombuisvadoek
tou
Plaas die filet, rooiwyn en knoffel in ’n bak, maak toe en marineer vir twee uur.
Berei ’n goeie hoeveelheid kole voor. Die kole moet 100% reg wees voordat jy die volgende stap begin. Plaas die vadoek plat op jou tafel. Sprei al die sout, speserye en roosmaryn eweredig uit op die vadoek. Haal die filet uit die wyn en druk droog met ’n papierhanddoek. Plaas die filet diagonaal op die punt van die doek. Rol die filet nou styf in die soutdoek op en maak dit vas met die tou.
Plaas dit onmiddellik direk op jou kole. Braai presies agt minute aan die een kant en agt minute aan die ander kant.
Gebruik ’n termometer – vir medium-rou is dit 55 °C tot 60 °C. Breek die soutlap af, laat rus vir tien minute en bedien met ’n sous van jou keuse.