Tuesday 28 June 2016

Opgeterte jaffels



Opgeterte jaffels
Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 10 minute 

Jy benodig

• 1 blik (365 g) tertappels
• 1 eetlepel fyn kaneel
• 6 croissants
• 100 g witsjokolade, fyngekap

Só maak jy

1. Dreineer die tertappels, sny dit in blokkies op en sprinkel die kaneel daaroor.
2. Sny die croissants oor die lengte oop, maar moenie dit heeltemal deursny nie. Skep ’n paar eetlepels van die appelmengsel op die een helfte en sprinkel witsjokolade daaroor.
3. Smeer ’n jaffelyster met botter (of spuit dit met ’n kleefwerende sproei) en braai die gevulde croissants daarin tot goudbruin. (op die vuur of op die gasbottel)
4. Bedien die tertjies warm. As daar van die sjokolade oor is, kan jy dit smelt en bo-oor drup.