Tuesday 14 June 2016

Maria se kampvuur-nachos



Maria se kampvuur-nachos
Tydens ’n episode van Kampkos Maria Rademan-Viviers van die groep TWEE vir ons gewys hoe op smullekker kampvuur-nachos voor te berei. Sy het haar resep met ons gedeel.

Bestanddele
    
Instruksies
  1. Braai ’n bietjie olie en botter in ’n potjie en voeg die opgekapte knoffel by.
  2. Voeg die room en melk by.
  3. Kap die soetrissie, ui en salami in fyn blokkies op en voeg dit by die sousie.
  4. Voeg ook die opgekapte olywe by die sousie.
  5. Voeg ’n bietjie sout en peper by asook ’n bietjie gedroogde rissievlokkies.
  6. Pak nou ‘pan met nachos deur die bodum te bedek.
  7. Bedek die nachos met ’n laag van die sousmengsel en herhaal die proses vir nog ’n laag en bedek dit met kaas.
  8. Maak die pan toe met foelie en sit hom weer op die vuur sodat die kaas lekker kan smelt.
  9. As die kaas gesmelt is, haal die pan af en sit ’n lekker homp roomkaas bo-­op.