Monday 6 June 2016

30 DAE MUFFIN BERE MENGSEL



30 DAE MUFFIN BERE MENGSEL Hierdie resep van Annette Human hoort in elke resepteboek.
Die muffins wat jy daarmee bak, is op dag 30 nog net so lekker soos op dag een.
BESTANDELE:
WEEK:
250 g (4 k) semels in 500 ml kookwater waarby 10 ml sout gevoeg is.
SMELT:
230 g botter of margarien en voeg dit by die semels.
Laat die mengsel effens afkoel.
KLITS:
4 eiers
600 g (570 ml) wit- of sagte bruinsuiker en
750 ml karringmelk saam en roer dit by die semelmengsel in.
Los 25 ml koeksoda in 250 ml karringmelk op en meng met die semelmengsel.
MENG:
340 g (645 ml) koekmeel en
325 g (615 ml) volkoringmeel en roer dit by die semelmengsel in.
Skep die beslag in ’n groot fles met ’n deksel wat dig seël en bewaar dit tot 30 dae in die yskas.
OM TE BAK: Voer ’n muffinpan met papiervormpies uit en skep elke vormpie driekwart-vol muffinmengsel.
Bak vir 20 minute by 200 °C tot deurgaar. Laat vir ’n rukkie op ’n draadrak
afkoel.