Monday 6 June 2016

ERTJIE SOP




ERTJIE SOP
12,5 ml botter of margarien
2 uie, gerasper
4 spekvleisrepe, gekap
2 beesvleisekstrakblokkies, opgelos in ...
2,5 ℓ warm water
450 g splitertjies (500 ml)

1 aartappel, gerasper
2,5 ml gedroogde tiemie
sout en swartpeper na smaak
METODE:
Verhit die botter of margarien en braai die uie en spekvleis tot sag.
Voeg die aftreksel, splitertjies, aartappel, tiemie, sout en swartpeper by.
Laat prut die sop oor lae hitte totdat die ertjies sag is – ongeveer 1½ uur lank.
Druk dit deur ʼn sif, of versap dit indien ʼn gladde tekstuur verlang word.
Voeg suurlemoensap na smaak by en herverhit die sop tot deurwarm.
Bedien dit met croûtons (gebraaide brood-blokkies) en bros gebraaide spek- vleiskrummels bo-op.
Wenk: Verdik die sop met 12,5 ml ertjiemeel of mielieblom, wat aangemaak is met 25 ml water.