Monday 6 June 2016

Spek-en-eiertert




Spek-en-eiertert
1 x 400 g rol reg-om-te-gebruikskilferkorsdeeg
1 x 250 g spekvleis, gesnipper
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk...
250 ml bevrore ertjies (opsioneel)
250 ml gaar aartappelblokkies (opsioneel)

8 eiers, liggies geklits
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml gerasperde cheddarkaas
1 wiel fetakaas, gekrummel
30 ml vars pietersielie, gekap
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n pan van 26 cm liggies met olie. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer die pan daarmee uit (laat die kante van die deeg oor die kante van die pan hang). Verkoel tot benodig. Braai die spekvleis in ’n ander pan tot amper gaar.
Voeg uie en knoffel by en braai tot geurig. Voeg ertjies en aartappel (indien gebruik) by en braai vir ’n paar minute. Skep in ’n uitgevoerde pan. Geur die geklitste eiers met sout en peper en giet oor gebraaide bestanddele in pan. Sprinkel die kase en pietersielie oor.
Vou die kante van die deeg wat oorhang losweg oor die vulsel en bak vir ongeveer 30-40 minute tot die vulsel ferm en die deeg goudbruin en opgepof is. Laat effens afkoel, sny in skywe en sit voor met tuisgemaakte tamatiesous vir ontbyt of met slaai vir middag- of aandete. Lewer 6-8 porsies.