Wednesday, 4 May 2016

Wilandi se rogbroodpoeding





Wilandi se rogbroodpoeding
Dié rogbroodpoeding kry ’n ekstra kaneel-gegeurde bolaag en word verder spesiaal gemaak deur Wilandi se Ouma Sarie se sousie. “Ouma het die resep van die kerk-resepteboekie gebruik.”
 
Porsies
1 groot poeding
Bestanddele
Poeding
Bolaag
Vanieljesous
   
Instruksies
Poeding
  1. Voorverhit oond tot 180°C. Sny brood in blokkies en verwyder die kors. Plaas in gesmeerde bak en strooi suiker oor.
  2. Smelt botter, voeg melk by en meng goed.
  3. Klits eiers en voeg die botter en melkmengsel by terwyl aanhou jy aanhou klits. Gooi die eiervlamengsel oor die brood. Week vir 5 minute.
  4. Bak vir 40 minute by 180°C tot gestol.
Bolaag
  1. Room die botter en die suiker, voeg kaneel by, klits die eiers een vir een en smeer die beslag oor die gebakte poeding en plaas terug in die oond vir nog 20 minute.
Vanieljesous
  1. Meng suiker en mielieblom. Voeg melk en kaneelstok by en verhit, roer aanhoudend.
  2. Kook 3 minute lank en haal af van die plaat.
  3. Voeg botter en sout by, roer tot botter gesmelt is.
  4. Indien dikker verkies, voeg mielieblom by.
  5. Dien warm op saam met poeding, room en gewone jogurt.

No comments:

Post a Comment