Wednesday 4 May 2016

Sanet se pantoffel-broodpoeding




Sanet se pantoffel-broodpoeding

Die kombinasie van pekanneute en brandewyn is een van Koekedoor se Sanet se gunstelinge vir gebakte poedings. ’n Krummellagie van neute bo-op gee hier ’n lekker tekstuur saam met die vlaerige sagtheid van die poeding.
      
Porsies
1 groot poeding
Bestanddele
Poeding
Sous
   
Instruksies
  1. Smeer ’n oondvaste bak van 30 cm x 15 cm x 5 cm met botter.
  2. Voorverhit die oond tot by 175°C.
  3. Meng eiers, suiker, room, melk en vanielje saam.
  4. Sny pantoffelbrood in blokkies en breek croissants in fyner stukkies.
  5. Giet eiermengsel oor brood en laat staan vir 15 minute.
  6. Vir die neutmengsel, meng in ’n ander bak 60 g botter, suiker en neute en vryf botter in met jou vingerpunte.
  7. Gooi die broodmengsel in die oondbak en strooi neutmengsel bo-oor.
  8. Bak vir omtrent 40-45 minute of to jou poeding gestol is.
  9. Vir die sous, smelt die botter, roer die bruinsuiker, vanielje en brandewyn by en kook tot gesmelt.