Wednesday 4 May 2016

Martie se broodpoeding met dadelvulsel




Martie se broodpoeding met dadelvulsel
Die Koekedoor Martie se ouma het altyd haar broodpoeding hierdie dadelvulsel gegee, terwyl sy haar handtekening op die poeding afdruk met die hartjievorms.
      
Porsies
1 groot poeding
Bestanddele
Brood
  • 4 snye witbrood (druk hartvorms uit met koekiedrukker)
  • 4 snye bruinbrood (druk hartvorms uit met koekiedrukker)
Dadelvulsel
Eiervla
Brandewynvla
 
Instruksies
  1. Maak ’n vulsel van dadels. (Kook dadels en suiker in die water tot dadels sag en los van mekaar is. Klits eierwit styf en vou in. Meng met fyngemaakte pekaneute.) Plak snye brood aanmekaar met die dadelvulsel, pak in oondpan en sprinkel neute oor.
  2. Maak eiervla en gooi bo-oor. Bak poeding in vooraf verhitte oond totdat gestol en effe bruin.
  3. Maak ’n brandewynvla. Voeg 1 koppie dadelvulsel by en klits goed.
  4. Gooi van die dadel- en brandewynsous oor gaar broodpoeding. Versier met gekapte pekanneute en sit voor in ’n bekertjie om nog oor te gooi.