Monday 30 May 2016

Wessels se marmer-kolwyntjies



Wessels se marmer-kolwyntjies
Wessels maak ’n marmerkoek met die geure van rumtruffels en ystervarkies. Jy kan dit net met sy roomkaasversiersel bedek, en as jy ondernemend wil wees, dit verder versier met suikerwerk-musieknote.

Porsies
12 kolwyntjies
Bestanddele
Koek
Suikerwerk
Roomkaas-versiersel
 
Instruksies
Koek
  1. Plaas papiervorms in kolwyntjiepan-holtes.
  2. Room botter en suiker, klits eiers een-een by. Vou bruismeel by.
  3. Verdeel die beslag in 2 bakkies.
  4. Geur een bak met die fyn klapper.
  5. Geur die ander bak deur die kakao op te los in bietjie kookwater en die rum, kleur met die swart voedselkleursel.
  6. Skep lepels van die swart en die wit deeg saam in die papierhouertjies en bak vir sowat 15-18 minute of totdat ’n tandestokkie skoon uitkom.
Suikerwerk
  1. Kook die isomalt en water saam tot hardekraak-stadium.
  2. Kleur swart met die voedselkleursel.
  3. Drup van die mengsel met ’n teelepel op ’n gesmeerde silpat.
  4. Gebruik die res van die mengsel en brei tot effens koeler. (As rofwarm).
  5. Draai en trek en buig dit in vryvorm-“kunswerke”.
Roomkaas-versiersel
  1. Klits roomkaas en suiker tot goed gemeng. Voeg kleursel by. Voeg room bietjies by en klits tot ’n stywe room vorm, wat sy vorm behou as dit gespuit word.
  2. Versier kolwyntjies hiermee met ’n mooi moderne spuitkop en sit een van jou suiker-kunswerkies bo-op.