Monday 30 May 2016

Anja se oliebol-toring




Anja se oliebol-toring
Bestanddele
Oliebolle
Glasuursel
Strooisuiker met suurlemoenskil
Suurlemoensmeer
    
Instruksies
Oliebolle
  1. Gooi die kitsgis, warm water, warm melk en 15 ml van strooisuiker in ’n bak en laat vir 10 minute staan.
  2. Gooi 30 ml van die orige strooisuiker, botter, meel en eiers by en meng dit om ’n taai deeg te vorm.
  3. Knie dit op ’n oppervlakte wat liggies met meel bestrooi is en laat dit vir 45 minute rys in ’n bak wat met meel bestrooi is.
  4. Knie die deeg vir ’n paar minute, rol dit uit tot sowat 2 cm dik en druk met vorm sirkels van sowat 2 cm in deursnee.
  5. Pak dit op ’n gevoerde bakplaat en laat vir 30 minute rys. Diepbraai in warm olie tot goudbruin.
Strooisuiker met suurlemoenskil
  1. Neem 2 koppies strooisuiker en rasper die skil van 1 suurlemoen en voeg strooisuiker by. Gooi in sakkie en skud goed. Voeg Rolkem-poeier (geel) by indien verlang. Bedek 1/3 van die oliebolle met hierdie suikermengsel.
Suurlemoensmeer
  1. Sit bak met eier, suurlemoensap, strooisuiker en botter oor dubbelkoker en roer totdat dit dik is. Hou eenkant om af te koel en sit ’n lang tuit op ’n spuitbuis om ’n gaatjie in oliebolle te maak en te vul met suurlemoensmeer. Vul die laaste 1/3 van oliebolle met suurlemoensmeer en sprinkel versiersuiker bo-oor.
Bou toring
  1. Neem ’n silinder met ’n deursnee van 10-15 cm en “plak” die oliebolle daaraan vas met koninklike versiersel, sjokolade of gesmelte suiker. Versier met lint.