Monday 30 May 2016

Kanya se sjokolade-kolwyntjies




Kanya se sjokolade-kolwyntjies
Heerlike donkersjokolade met ’n likeurtjie maak seker een van die lekkerste kolwyntjies ooit. Hierdie beslag maak soos ’n bruintjie aan. Kanya se raad is om eers die stroop te maak.

Porsies
24 kolwyntjies
Bestanddele
Amarula-stroop
Kolwyntjies
Witsjokolade-mousse
   
Instruksies
Amarula-stroop
  1. Bring al die bestanddele stadig tot kookpunt. Kook vir 2-3 minute. Koel af en bottel.
Kolwyntjies
  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. Voer twee kolwyntjie-pannetjies uit met papiervormpies.
  2. Meng die suiker en kakaopoeier. (Dit help om die kakaopoeier op te breek.) Verhit saam met die water en botter. Gebruik ’n ballonklitser en roer gereeld.
  3. Maak seker die suiker het opgelos. Verwyder van die hitte en roer die sjokolade in om te smelt. Staan eenkant.
  4. Sif die droë bestanddele saam. Drie keer as jy wil.
  5. Klits die eiers en vanielje saam. Klits dit goed in die sjokolade-mengsel in.
  6. Giet die sjokolade-mengsel oor in ’n mengbak groot genoeg om die beslag te hanteer. Meng die droë bestanddele in twee dele by. Pasop vir oormeng.
  7. Verdeel die beslag gelyk in 24 kolwyntjies. Bak vir 15 minute. Doen die nodige toets vir gaar voor jy die kolwyntjies uit die oond verwyder. Koel af, spuit in met die heerlike Amarula-stroop en versier.
Witsjokolade-mousse
  1. Smelt die sjokolade en roer glukose daarby in. Moenie skrik nie. Die mengsel sal lelik raak. Roer koue water by. Nou behoort die mengsel reg te kom en sal lyk soos kondensmelk.
  2. Roer die vanielje by.
  3. Vou die room in drie sarsies in.
  4. Vul ’n spuitsak en versier na hartelus.