Wednesday 4 May 2016

Vissop




Vissop a la Potch

 

 
Bestanddele
1 pakkie tamatieroomsop
1 pakkie sampioenroomsop
800 ml water
800 ml melk
1 blikkie tuna, gedreineer
1 blikkie mossels, gedreineer
250 ml room
15 ml sjerrie

Metode
Plaas al die bestanddele, behalwe die room en sjerrie, in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en prut vir 15 minute.
Voeg die room en sjerrie by.