Wednesday, 4 May 2016

Patat- en klappersop




Patat- en klappersop

 

 
Bestanddele
1,5 kg soetpatats, geskil en in blokkies gesny
olyfolie
sout en peper
1 ui, gekap
1 eetlepel rooi Thai kerriesmeer
850 ml hoenderaftreksel
1 blik klappermelk

Metode
Besprinkel die patats met olyfolie, sout en peper.
Bak vir 40 minute teen 180 grade.
Braai die ui stadig in 'n pan tot deurskynend.
Voeg kerriesmeer by.
Roer goed.
Voeg die res van die bestanddele en die patats by.
Prut vir 15 minute.
Koel bietjie af, en maak fyn in 'n voedselverwerker.

No comments:

Post a Comment