Tuesday 17 May 2016

Vetkoek met hoendermayonnaise




Vetkoek met hoendermayonnaise
(Huisgenoot)
vetkoek-hoender
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: sowat 25 minute...
Staantyd: sowat 1 uur
Baktyd: 40 minute

 HOENDERMAYONNAISE
30 g botter
4 ontbeende hoenderborsies
sout en gemaalde swartpeper
sap en skil van 1 suurlemoen
150-200 ml mayonnaise
1 klein ui, fyn gekap
2 groot agurkies, fyn gekap
60 ml vars pietersielie, gekap
VETKOEK
1 kg bereide brooddeeg
olie vir diepbraai

 HOENDERMAYONNAISE
Verhit die botter in ’n pan en braai die hoenderborsies tot gaar. Geur met sout,
peper, sap en suurlemoenskil.
Laat die hoender heeltemal afkoel en sny in klein stukkies.
Meng dit met die mayonnaise, ui, agurkies en pietersielie en hou eenkant.

 VETKOEK
Laat die deeg sowat 20-30 minute rys.
Knie die deeg op ’n meelbestrooide werkoppervlak af en vorm gholfbalgrootte
-deegballetjies
. Laat staan op ’n warm plek en laat rys sowat 20-30 minute.
Verhit intussen die kookolie in ’n diep kastrol. Druk elke deegbal plat en bak tot
goudbruin.
Sny elke vetkoek oop en skep van die hoender in.