Tuesday 17 May 2016

BOBOTIE VAN RSG




BOBOTIE VAN RSG
Bestanddele
olie
1 kg maalvleis
2 uie, gekap...
3 knoffeltoontjies, gekneus

3 snye brood
1 koppie melk
3 eiers

1 eetlepel kerriepoeie
½ teelepel komyn
1 teelepel koljander
¼ teelepel neutmuskaat
1 teelepel knoffel- en suurlemoenspesery
1 teelepel borrie
1 teelepel suiker
3 - 4 eetlepels appelkooskonfyt
2 - 3 eetlepels blatjang
2 eetlepels asyn, of sap van 1 suurlemoen
½ koppie vrugtekoekmengsel (Geheime bestanddeel!)
sout en peper

Metode
Braai die uie in olie tot effens gaar.
Voeg die maalvleis en knoffel by.
Roer tot amper gaar.
Week die brood in die melk en druk die orige melk uit.
Maak dit fyn en voeg dit by die vleis.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe 1 eier en 'n kwart koppie melk, by.
Roer goed en proe gereeld.
As dit te suur is, voeg nog suiker by.
Laat dit afkoel en plaas in 'n oondbak.
Bak teeen 180 grade vir 40 minute.
Klits die orige eier en melk saam en gooi bo-oor.
Sit dit terug in die oond en bak vir 'n verdere 20 minute.
Maak seker dit is in die middel ook deurgebak.

Variasie

Bron: Maretha se bobotie