Thursday 19 May 2016

Variasie van Kook en Geniet se macaroni-en-kaas




Variasie van Kook en Geniet se macaroni-en-kaas Bedien: 6
1 liter melk
5 eiers
15 ml mosterdpoeier
5 ml sout
2.5 ml swart peper
750 ml cheddar kaas, gerasper
4 koppies macaroni, gekook
Tamatiesous
250 g tamaties, in blokkies gesny
15 ml olyfolie
80 ml water
5 ml suiker
250 ml All Gold tamatiesous
ʼn handvol vars basiliekruid, geskeur
Voorverhit die oond tot 160 °C . Klits die melk, eiers, mosterdpoeier, sout en peper saam. Voeg die kaas en gaar macaroni by. Skep in gesmeerde oondvaste bak en bak vir een uur tot gaar. Tamatiesous: Verhit die olyfolie en braai tamaties totdat die pan droog is. Voeg die water by en kook weer tot droog. Roer die suiker en tamatiesous in en laat dit een minuut kook. Laastens roer die basiliekruid by.