Thursday, 19 May 2016

Blomkoolkaastert




Blomkoolkaastert:
KORS:
4 koppies rou, gerasperde aartappel
1 eier geklits
½ teelepel sout...
¼ koppie gerasperde ui

 VULSEL:
1 Knoffelhuisie fyngedruk
1 koppie gerasperde ui
3 eetlepels botter
1 teelepel tiemie
1 medium blomkool in blommetjies gesny (+/- 700g)
½ teelepel basil
½ teelepel sout
½ teelepel varsgemaalde swartpeper
1koppie gerasperde cheddar kaas
2 eiers
¼ koppie melk
Paprika

 Plaas aartappels in vergietes, sprinkel met sout, laat staan 10 minute, druk soveel
moontlik vloeistof uit en meng die res van die kors bestandele daarby. Sit in oondvaste
bak, druk onder en teen kante vas.
blomkooltert1
Bak vir 30 minute teen 200°C, verf dan liggies met olie en bak tot dit begin verbruin.
Haal uit die oond en hou eenkant.
Verlaag hitte tot 190°C. Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie
by en geur. Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 minute, verwyder van hitte. Plaas
helfte van kaas in die kors, skep blomkoolmengsel
bo-op, en eindig met kaas bo-op. Klits eiers en melk saam, gooi oor kool, sprinkel
met paprika. Bak vir 45 minute tot stewig.
Lekker eet !!!
Wenk: Jy kan ook gesnipperde spek, bros gebraai bo-oor strooi.