Tuesday 17 May 2016

Transkei Surf & Turf (Hoender met garnale en kreef)



Transkei Surf & Turf (Hoender met garnale en kreef)

Bestanddele

2 plat hoenders
olie
speserye
4 garnale, koppe af
skelvis, gepluis
2 kreefsterte (opsioneel)
tou
matige vuur
Metode
Smeer die hoenders met olie en speserye van jou keuse.
Plaas op rooster met onderkante na bo.
Pak die garnale, kreef en skelvis op die binnekant van die hoenders.
Bind die twee hoenders aan mekaar vas met 'n tou.
Sit in 'n toemaakrooster en braai tot gaar.