Tuesday 17 May 2016

LEMOEN PATATS




LEMOEN PATATS

2 kg patats
50 ml mielieblom
500 ml lemoensap...
125 ml bruin suiker
2 ml sout
2 ml gerasperde lemoenskil
125 ml pitlose rosyne

Voorverhit die oond tot 180ºC.

Kook die patat met die skil tot sag. Skil af en sny iN skywe. Pak in ‘n groot oondvaste bak. Meng die mielieblom met bietjie lemoensap tot gladde pasta. Voeg die res van die lemoensap by, asook die suiker, sout,lemoenskil en rosyntjies. Verhit die sous tot dik en gooi die oor die patat.

Bak vir 30 minute tot die patat deurwarm is.