Tuesday 17 May 2016

Spek en eier nessies




Spek en eier nessies

Bestanddele

1 pakkie (200 g) spekrepies
6 eiers
50 g fetakaas, gekrummel
grasuie, fyngekap
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit die holtes van ‘n (± 8 cm in deursnee) muffinpan deeglik met kleefwerende sproei.
Voer elke holte se omtrek en bodem versigtig met die spekrepies uit.
Plaas  in die oond en bak vir 5 minute. Laat effens afkoel.
Breek ‘n eier binne-in elk van die nessies en sprinkel fetakaas bo-op.
Bak vir 15 minute of tot eiers gaar  en die spek bros is.
Sprinkel met gekapte grasuie.