Wednesday 4 May 2016

Suretha se skuimpoeding met meringue



Suretha se skuimpoeding met meringue
Suretha vertel: “As kind het my ma hierdie skuimpoeding baie vir ons gemaak. Ons was ’n gesin van 6 en ons kinders was gedurig honger. My ma het altyd gesê dat ons hol van binne is. Hierdie poeding lyk baie groot, maar is lekker lig. Baie ekonomies en heerlik.”

      
Porsies
1 groot poeding
Bestanddele
Skuimpoeding
Meringue-ringe
   
Instruksies
Skuimpoeding
  1. Maak die pakkie jellie met die kookwater aan en roer tot alle suiker opgelos is.
  2. Bêre die jellie in die yskas om koud te word – dit moenie heeltemal stol nie, moet nog loperig wees.
  3. Klits die ingedampte melk in jou menger met die klitsspaan.
  4. Terwyl die ingedampte melk klits, gooi die jellie by en klits tot stywe punte vorm.
  5. Gooi in ’n glasbak uit en bêre in die yskas.
  6. Bedien saam met meringue-ringe.
Meringue-ringe
  1. Meng alle bestandele saam en klits tot styf.
  2. Die meringue moet sulke stywe punte maak.
  3. Voordat jy die meringue in die spuitsak sit, verf met ’n kwassie kleursel aan die binnekant van die sak (enige kleur of kleure wat jy graag wil hê).
  4. Sit die spuitsak in ’n beker om stewig te staan en skep die meringue daarin.
  5. Plaas bakpapier op jou bakplaat sodat die skuimpies nie vassit nie.
  6. Spuit punt-meringues of ’n e-vorm om klein bolletjies te vorm waarmee jy ’n ring om die skuimpoeding kan pak.
  7. Sit meringue-skuimpies in die oond en skakel die oond af.
  8. Laat skuimpies droog bak vir 1 tot 2 ure of laat deur die nag in die oond koud word.
Sit aanmekaar
  1. Haal jou glasbak met skuimpoeding uit die yskas en plaas dit op ’n mooi bord of staander.
  2. Pak die skuimpies in ’n sirkel om die glashouer en versier soos jy dit verkies. Dien op en geniet.