Wednesday 4 May 2016

Sanet se koekstruif-poeding




Sanet se koekstruif-poeding
Daar is niks alledaags aan die Koekedoor Sanet se uitkyk op koekstruif nie. Hier neem sy die ou bekende smake op ’n nuwe roete met fluweelkoek, Italiaanse meringue, witsjokolademousse en rooiwyn-peerjellie.

 
Porsies
1 groot poeding
Bestanddele
Vanielje-fluweelkoek
Italiaanse meringue
Witsjokolademousse
Rooiwyn-pere
Jellie
   
Instruksies
Vanielje-fluweelkoek
  1. Voorverhit oond tot 180°C.
  2. In ’n groot mengbak, klits karringmelk, eiers, asyn en olie saam tot goed gemeng.
  3. Voeg suiker by.
  4. Sif meel, koeksoda en sout saam. Voeg dit by ander mengsel en klits tot net gemeng.
  5. Voer 1 (23 cm in deursnee) ronde pan uit met bakpapier en smeer kante.
  6. Gooi die beslag in pan sodat dit halfpad vol is.
  7. Bak koek vir omtrent 30-35 minute tot goudbruin en toets met tandestokkie.
  8. Steek gaatjies in die koek met ’n vurk, gooi sous oor koek en laat afkoel.
Sous
  1. Plaas alle bestanddele in ’n mediumgrootte pot en verhit oor mediumhitte totdat suiker opgelos het. Gooi oor koek terwyl dit nog warm is.
Italiaanse meringue
  1. Plaas die suiker, sout en water in ’n kastrol oor matige hitte.
  2. Wanneer die suiker en sout opgelos is, verhit die stroop tot kookpunt.
  3. Kook die stroop tot 120°C.
  4. Wanneer die stroop 115°C bereik, klop die eierwitte tot stywepunt-stadium.
  5. Klits tot mengsel effe afgekoel is. Smeer die meringue oor die hele nagereg en skroei dit met ’n blaasvlam.
Witsjokolademousse
  1. Plaas 1/3 koppie room, in ’n pot en verhit oor lae hitte tot warm.
  2. Klits eiergele en suiker in ’n mediumgrootte bak en giet warm room egalig oor die eiermengsel terwyl jy dit roer.
  3. Gooi die eier- en roommengsel terug in die pot en verhit tot dit dikker raak.
  4. Gooi die mengsel deur ’n sif oor die witsjokolade en roer tot glad.
  5. Klits die 375 ml room tot net styf en vou 2 dele by sjokolademengsel in.
  6. Gooi in ronde pan van 23 cm in deursnee en laat styf word in yskas.
  7. Plaas die laag bo-op die rooiwyn-peerjellie-laag.
Rooiwyn-pere
  1. Plaas alle bestanddele behalwe die pere oor mediumhitte tot dit kook.
  2. Plaas pere in rooiwyn en poseer vir omtrent 30-35 minute.
  3. Haal uit en laat afkoel.
  4. Reduseer rooiwyn tot dik en bedruip pere daarmee.
Jellie
  1. Week gelatien in koue water.
  2. Meng kaas, jogurt, strooisuiker en kaneel saam tot net gemeng.
  3. Plaas gelatien oor dubbelkoker tot opgelos.
  4. Gooi gelatien by jogurtmengsel en meng.
  5. Plaas pere in ’n ronde losboompan (23 cm in deursnee) en gooi jogurtjellie oor sodat pere se bokant net uitsteek.
  6. Plaas in yskas to gestol.
  7. Sit peerjellie-laag bo-op koeklaag.