Wednesday, 4 May 2016

“Stokkie-kos”




“Stokkie-kos”
Probeer gerus die aktrise Mia-Ann O’Kennedy se sosatiestokkies.
Hoendervlerkies (24)
Bestanddele:
Marinade
• 1 koppie asyn
• 2 eetlepels olyfolie
• 2 eetlepels Worcestersous
• 2 eetlepel rissiepoeier
• 1 teelepel sout
• 1 teelepel swartpeper
• 1 teelepel Tabasco (opsioneel)
Metode:
Stap 1: Voeg marinade-bestanddele bymekaar en meng goed.
Stap 2: Plaas hoendervlerkies in ’n groot Ziploc- sakkie en voeg marinade by.
Stap 3: Plaas in die yskas vir ongeveer twee ure.
Stap 4: Vleg sosatiestokkie deur hoendervlerkies en braai.
Soetrissie-sosaties
Bestanddele:
• Klein uie
• Groen soetrissies
• Olyfolie
• “Vegetable spice”/ Roosmaryn
Metode:
Stap 1: Sny groen soetrissie
Stap 2: Vleg sosatie-stokkie deur uie en soetrissie.
Stap 3: Geur met speserye.
Soetpatat-sosaties
Bestanddele:
• Soetpatat
• Knoffelbotter
• Foelie
Metode:
Stap 1: Laat patats in warmwater lê vir sowat 10 minute.
Stap 2: Sny in blokkies en druk sosatiestokkie daardeur.
Stap 3: Sit klein blokkies knoffelbotter tussen patats en vou foelie om die patatstokkie.
Stap 4: Laat lê tussen die kole vir 30 minute tot sag.
Waatlemoen-sosaties
Bestanddele:
• Waartlemoen
• Feta
Metode:
Stap 1: Plaas op stokkies.
Stap 2 : Sprinkel Fetakaas oor.
Malvalekker-sosaties
Bestanddele:
• Malvalekkers
• Amarula
Metode:
1. Braai malvalekkers oor warm kole.
2. Dompel jou gebraaide malvalekker in ’n glas vol Amarula.

No comments:

Post a Comment