Tuesday 10 May 2016

Spinasie-en-feta-filorolletjies




Spinasie-en-feta-filorolletjies
Genoeg vir 4
Reg in 45 minute
Bestanddele:
...
1 rolletjie filodeeg (daar is 2 in ʼn boks)
500g spinasie, wit stam afgesny en blare gekap
1 rooi-ui, fyngekap
1 pakkie Portabellini-sampioene, in blokkies gesny
150g fetakaas, in klein blokkies gesny
Sout en peper na smaak
5ml neutmuskaat
2 eetlepels vars kruie (tiemie, roosmaryn en pietersielie), fyngekap
50g botter
Maak dit so:
Braai die ui in ʼn medium pot oor matige hitte tot deursigtig. Gooi die sampioene by en braai tot sag. Voeg nou die spinasie by en bedek. Laat die blare vir sowat 4 minute stoom, tot gaar. Haal die deksel af, gooi die kruie en speserye by. roer deur en s verwyder van die hitte. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Haal die deegvelle uit mekaar en pak dit langs mekaar, sonder gaps tussenin. Verf die velle liggies met die botter om te verhoed dat dit uitdroog. Roer die fetakaas deur die spinasiemengsel en skep dit in ’n lang strook in die middel van die deeg. Rol die vulsel toe en plaas op ʼn bakplaat. Verf nog bietjie botter bo-oor en bak teen 180°C vir sowat 30 minute of tot goudbruin.