Tuesday 10 May 2016

Mieliebrood in ‘n blikkie




Mieliebrood in ‘n blikkie
Reg in” 45 minute
Genoeg vir: 4+
Bestanddele:...
500g bruismeel
Handvol Italiaanse pietersielie, gesnipper
1 koppie heelpitmielies
1 koppie Cheddarkaas, gerasper

1 teelepel sout
2 teelepels suiker
1 blikkie bier
Maak dit so:
1 Voorverhit die oond teen 180°C.
2 Jy benodig 4 blikkies (standaard 410g) – smeer elkeen deeglik met botter.
3 Meng die bestanddele goed saam en verdeel die beslag tussen die blikkies.
4 Bak vir +/- 30 minute. Toets of die broodjie reg is deur ʼn stokkie daarin te steek. As dit skoon uitkom is dit gaar.
5 Die broodjie is heerlik, net so vars uit die oond, met plaasbotter.