Wednesday 25 May 2016

SPEK-EN-MOSTERD-EIERGEBAK




SPEK-EN-MOSTERD-EIERGEBAK

6 porsies

* 45 ml (3 e) heelkorrelmosterd
* 6 ekstragroot eiers
* 187 ml (¾ k) melk
* 250 ml (1 k) cheddar, gerasper
* sout en peper na smaak
* bietjie olie
* 1 ui, gekap
* 250 g (1 pakkie) spek, gekap
* knypie droë gemengde kruie
* 150 g (½ pak of ½ bossie) spinasie, ontstingel en fyngekerf
* 1 skyf fetakaas, gekrummel
* 16 kersietamaties, gehalveer

Stel oond op 180 °C.
1 Klits een eier en mosterd tot glad. Voeg res van eiers een-een by en klits elke keer tot goed gemeng.
2 Roer melk, kaas, sout en peper by.
3 Verhit olie en soteer ui en spek tot gaar.
4 Voeg kruie en spinasie by en soteer tot spinasie net verwelk is. Verwyder van hitte en meng fetakaas en tamaties by.
5 Skep spekmengsel in gesmeerde oondbak met 26 cm-deursnee. Gooi eiermengsel versigtig bo-oor.
6 Bak vir 45 min. of tot gestol in middel.