Wednesday 25 May 2016

PAMPOENPLAATKOEKIES




PAMPOENPLAATKOEKIES
* 312 ml (1¼ k) koekmeel
* 5 ml (1 t) bakpoeier
* 1 ml sout
* 2 ekstragroot eiers
* 125 ml (½ k) melk
* 250 ml (1 k) gaar botterskorsie, fyngemaak
* ongeveer 250 ml (1 k) olie
1 Sif koekmeel, bakpoeier en sout.
2 Klits eiers en melk tot goed gemeng. Meng botterskorsie by.
3 Meng botterskorsiemengsel by meelmengsel tot beslag vorm.
4 Skep eetlepels vol van beslag in olie wat goed warm is.
5 Bak aan albei kante tot goudbruin en gaar in middel.
6 Sit saam met botter en gouestroop of selfs maalvleis voor.