Wednesday 25 May 2016

Patat-en-sjokolade-koek




Patat-en-sjokolade-koek
KOEK
4 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) ligte bruinsuiker
187 ml (¾ k) olie
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
437 ml (1¾ k) koekmeel
75 ml (5 e) kakao
15 ml (1 e) bakpoeier
2,5 ml (½ t) koeksoda
knypie sout
60 ml (4 e) melk
500 ml (2 k) fyngedrukte patat
50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
VERSIERSEL
75 g sagte botter
45 ml (3 e) kakao
750 ml (3 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
bietjie melk
Stel oond op 180°C.
1 Koek Klits eiers en bruinsuiker tot liggeel.
2 Roer olie en vanieljegeursel by.
3 Sif meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout.
4 Meng meelmengsel by eiermengsel.
5 Meng melk en patat goed en roer by beslag.
6 Roer pekanneute by.
7 Skep beslag in twee ronde koekpanne met 20 cm-deursnee wat met bakpapier uitgevoer is.
8 Bak vir 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
9 Laat bietjie in koekpan afkoel. Keer op draadrakkie uit om heeltemal af te koel. Trek bakpapier af.
10 Versiersel Room botter tot liggeel.
11 Sif kakao en versiersuiker. Voeg bietjies-bietjies by botter terwyl geklits word tot donserig.
12 Voeg vanielje en bietjie melk by indien nodig om versiersel donserig te kry.
13 Smeer versiersel op koeke, plaas opmekaar en smeer nog versiersel op. Rond af soos verkies.