Wednesday 4 May 2016

Spek-en-mossel-sosaties



Spek-en-mossel-sosaties

Die akteur en fliekregisseur André Velts gee nuwe betekenis aan “surf & turf”.

Bestanddele:

Sosaties:
• 30 Vars swartmossels
• ’n Halwe bottel witwyn
• 15 Repies strepiespek
• 5 Sprietuie (gebruik slegs die groen deel)
Sous:
• 1 Teelepel kookolie
• ’n Handvol grasuie, fyngekap
• 2 Knoffelhuisies, fyngekap
• 125g Gesoute botter
• ’n Halwe koppie room
• Sout en Peper

Karringmelk-broodjie:

• 1 Pakkie Meel (500g)
• Houer Karringmelk (500ml)
• 1 Pakkie wituiesoppoeier (droog)
• 1 Pakkie spek, versnipper
• Handvol pietersielie
Metode:
Stap 1: Maak die sous: Verhit die olie in ’n pan en braai die helfte van die grasuie vir ’n paar sekondes saam met die knoffel. Gooi die botter by en laat dit smelt.
Stap 2: Haal die pot van die hitte af en gooi room en die res van die grasuie by. Geur dit na smaak met sout en peper.
Stap 3: Maak die sosaties: Laat lê 5 sosatiestokkies vir minstens 10 minute in water sodat dit nie brand nie.
Stap 4: Stoom intussen die mossels oor matige kole in witwyn totdat elkeen oopmaak (gooi dié weg wat nie oopmaak nie). Haal die mossels uit die dop en spoel hulle onder lopende water af.
Stap 5: Draai elke mossel met ’n repie spek toe en ryg dan 6 mossels op elke sosatiestokkie. Sny die groen deel van ’n sprietui in stukkies van ongeveer 3 cm en sit ’n stukkie tussen elke mossel op die stokkie.
Stap 6: Braai die sosaties oor matige kole totdat die spek bros en bruin is – ongeveer 10 minute.
Stap 7: Bedruip die sosaties met die sous

Karringmelk-broodjie:

Stap 1: Meng meel, uiesop en pietersiellie droog saam in bak. Braai spek (opsioneel of jy dit wil gaar maak voor die tyd) tot gaar en gooi by droë bestandele met karringmelk. Meng goed. (moet ’n taaierige mengsel wees).
Stap 2: Bak vir 30 minute in die kole, voeg dan kaas en klein bietjie olie oor en bak vir nog 15 minute.