Wednesday 4 May 2016

Skaaptjoppies en slaai




Skaaptjoppies en slaai
Die aktrise Suzzi Swanepoel het dié geurige skaaptjoppies en vars slaai berei.
Bestanddele:
• 1kg Skaaptjops
• Braaispeserye
• Seesout & Peper
• Komyn
• Roosmaryn
• Vars Pietersielie
• Rooiuie
• Olyfolie
• Balsamiese asyn
• Rooiwynasyn
• Pakkie suurlemoene
• Botterblaarslaai
• Basiliekruid
• Koljander
• Spinasie
• Kersietamaties
• Fetakaas
• Waterblommetjies
• Roket
Metode:
Stap 1: Sny uie in dun skywe en kap die roosmaryn fyn. Sny die suurlemoene in halwe skywe.
Stap 2: Meng die uie, roosmaryn, olyfolie, seesout en peper. Drup suurlemoensap in die mengsel.
Stap 3: Braai die tjops. Bedek die vleis gereeld met die mengsel.
Stap 4: Druk nog suurlemoensap as nodig.
Stap 5: Wanner die vleis mediumgaar is, sit voor.
Slaai:
Stap 1: Kap en meng die botterblaarslaai, waterblommetjies, roket en spinasie.
Stap 2: Sny die kersietamaties in die helfte en sny die uie in kwarte. Meng saam met die groenerigheid.
Stap 3: Strooi feta en koljander oor en voeg olyfolie by.
Stap 4: Voeg sout en peper by na smaak.