Wednesday 4 May 2016

Hoenderlewertjies op die kole




Hoenderlewertjies op die kole
Die aktrise en radio-omroeper Pulane Palmer deel dié resep met ons.
Bestanddele:
• 1kg Hoenderlewers
• 1x Groot ui – gekap
• 2x Knoffelhuisies
• 5ml Gerookte paprika
• 5ml Droë tiemie
• 45ml Olyf-olie
• Sap en skil-olie van een suurlemoen
• Sout en peper
• 250ml Room
• 100ml Brandewyn
• Gerasperde parmesaan
• Suurdeeg
Metode:
Stap 1: Verhit ’n gietysterpot op ’n oop vuur OF op ’n warm braai.
Stap 2: Voeg die olyfolie en uie by en braai totdat dit sag en deurskynend is. Voeg die knoffel, paprika en tiemie by.
Stap 3: Soteer vir nog so ’n minuut. Voeg die hoenderlewers by en roer aanhoudend.
Stap 4: Wanneer die hoenderlewers gekook is, maar nog bietjie pienk aan die binnekant is, voeg die brandewyn by. Kantel die pan effens sodat die brandewyn aan die brand slaan vir ’n bietjie vlamme in jou pan.
Stap 5: Voeg die suurlemoensap asook die sout en peper by.
Stap 6: Voeg die room by. Kook totdat die room ’n bietjie verminder het.
Stap 7: Terwyl stap 6 aan die gebeur is, sny die suurdeeg en plaas op rooster op oop vuur.
Stap 8: Wanneer die lewers klaar is, bedien op dik snye van geroosterde brood. Strooi ’n bietjie gerasperde parmasaan bo-oor.